Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Plan met vuurwapens ‘aanval op mense se reg op lewe’

Meer as 21 000 Suid-Afrikaners het beswaar aangeteken teen die regering se voorgestelde wysiging van die Vuurwapenwet om die besit van wapens vir selfverdediging te verbied.

Volgens Gabriel Crouse, die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) se hoof van veldtogte, het dié groep mense hul teenkanting teen die wysiging op hul aanlyn veldtog teen die wetsverandering uitgespreek.

Die IRV sê ook in ’n verklaring dat nóg 200 000 mense deur middel van politieke partye en ander organisasies ook beswaar aangeteken het.

Crouse meen die voorgestelde wysigingswetsontwerp moet geskrap word totdat genoeg inligting rondom die kwessie verkry is, alle aspekte in ag geneem is en ’n deeglike ondersoek na Suid-Afrikaners se reg op lewe en selfverdediging ingestel is.

“Die reg op lewe moet in dié hoedanigheid gerespekteer word. Dis is nie ’n luukse nie, maar ingevolge ons Grondwet ’n noodsaaklikheid,” sê Crouse.

Vrystaat Landbou (VL) stem daarmee saam en het in ’n verklaring gesê die plan met die vuurwapenwet “is ’n aanval op die reg op lewe”.

Die reg op lewe moet in dié hoedanigheid gerespekteer word. Dis is nie ’n luukse nie, maar ingevolge ons Grondwet ’n noodsaaklikheid.

Die organisasie meen die wetsontwerp is ’n poging om dit moeiliker te maak om wettig ’n vuurwapen te besit. Daarby meen hy dat ’n agenda vir ontwapening gedryf word.

“Misdadigers se gebruik van ongelisensieerde vuurwapens sal nie deur die wetsontwerp opgelos word nie en die klaarblyklike narratief dat wettige vuurwapens die olifant in die kamer is, is ’n algehele wanvoorstelling.”

Francois Wilken, VL se president, meen as die staat voortgaan met die plan, sal dit ’n veiliger omgewing vir geweldsmisdadigers verseker.

“Daarom kan die wetsontwerp nie beskou word as iets anders as ’n aanval op wetsgehoorsame burgers se reg op lewe nie.”

Suid-Afrikaners kon tot en met Maandag teen die voorgestelde wysiging aan die wet beswaar maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.