Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Protesaksie in George oor behuising

Motorbande is Woensdag in Pacaltsdorp, George, in die Suid-Kaap aan die brand gesteek, blykbaar as deel van ’n protesoptrede oor behuising.

Aanpassings moes ook gemaak word aan busroetes van die Go George- openbare busdiens omdat protesgangers onder meer Beachweg versper het.

Die protesoptrede het plaasgevind op die vooraand van ’n grootskaalse protesoptog Donderdag, onder meer oor munisipale dienslewering, na die munisipale kantoor in George. Inwoners van Pacaltsdorp en Thembalethu sal aan die optog deelneem.

Tydens Woensdag se protesoptrede het protesgangers verskeie toegangspunte na Pacaltsdorp reeds van vroegoggend af versper. Motorbande is in Beachweg aan die brand gesteek en die Go George-busse kon nie die pad gebruik nie.

Die polisie se eenheid vir openbare orde was op die toneel en teen die middag was die situasie rustiger, volgens inwoners. Beachweg is later weer oopgestel.

Die George-munisipaliteit sê die Go George-busdiens sal nie Donderdag tydens die protesoptrede onderbreek word nie, maar aansienlike vertragings kan veral verwag word op roetes in Pacaltsdorp.

Die toerismekantoor in Pacaltsdorp is Woensdag weens die protesoptrede gesluit en sal ook nie Donderdag oop wees nie.

’n Kragonderbreking wat vir Donderdag in Wildernishoogte beplan is, is na Vrydag verskuif weens Donderdag se protesoptrede, aldus die munisipaliteit.

Meer oor:  Pacaltsdorp  |  George  |  Behuising  |  Protesaksie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.