Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Rugbyspeler op plaas doodgeskok

Huldeblyke stroom in vir Aldo Esau (28), ’n rugbyspeler van Heidelberg in die Wes-Kaap, wat Maandag doodgeskok is op ’n plaas in die Swellendam-omgewing.

Esau, rugbyspeler van die Arrows-rugbyklub in Slangrivier, Heidelberg, en ’n werknemer van die Sentraal-Suid Koöperasie (SSK), was Maandag op ’n klant se plaas toe die voorval omstreeks 13:00 gebeur het.

Alwyn Burger, bestuurder van mensehulpbronne by SSK, sê by navraag Esau moes voer uitlaai uit ’n vragmotor deur ’n metaalafvoerpyp wat aan die trok gekoppel is.

Hy het glo die pyp per ongeluk aan hoogspanningsdrade laat raak wat oor die perseel loop, wat die elektrisiteit gelei het.

’n Ambulans is ontbied, maar Esau was reeds dood. Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek.

Aldo Esau Foto: Facebook

Burger sê Esau was ’n bietjie meer as vier jaar as ’n voertuigbestuurder by SSK werksaam.

“Hy was baie geliefd en gewild onder sy medekollegas en ons klante. Hy was ook ’n kranige rugbyspeler van die plaaslike rugbyklub, Arrows. Ons gedagtes en diepste simpatie gaan uit na sy familie en vriende, insluitende die kollegas en klante saam met wie Aldo by SSK gewerk het.”

David Meyer, voorsitter van die Arrows-rugbyklub, sê Esau was sedert die begin van 2008 ’n lid van die klub.

“Hy was ook van 2013 tot 2016 kaptein.” Hy sê Esau se dood is ’n groot verlies en skok vir die klub.

Op Facebook is Esau beskryf as ’n vrolike, saggeaarde en vriendelike “sonskyn-mens” wat altyd geglimlag en grappies gemaak het. Volgens vriende was hy as ’n rugbyspeler ’n rolmodel vir die jonger seuns.

Burger sê ’n roudiens word Woensdag om 19:00 deur die Arrows-rugbyklub in die Slangrivier-gemeenskapsaal gehou. Volgende Donderdag (6 Junie) sal nog ’n roudiens moontlik vanuit die Anglikaanse kerk St. Lukes in Slangrivier plaasvind, maar die tyd sal nog bevestig word. Die begrafnisdiens sal op Saterdag, 8 Junie in dieselfde kerk plaasvind, maar die tyd sal nog bevestig word.

Esau word oorleef deur sy ouers, Cathy en Jozy Esau.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Heidelberg  |  Rugbyspeler  |  Doodgeskok
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.