Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Toyota se Van Zyl (63) dood
Dr. Johan van Zyl. Foto: Argief

Dr. Johan van Zyl, voorsitter van Toyota Suid-Afrika, is Vrydag in die ouderdom van 63 jaar dood.

Van Zyl, wie se naam byna sinoniem met dié motorvervaardiger is, was tot onlangs ook die uitvoerende hoof van Toyota Motor Europe.

’n Woordvoerder vir Toyota Suid-Afrika het Van Zyl se dood as tragies bestempel en gesê ’n verklaring sal binnekort uitgereik word.

Business Day het vroeër berig Van Zyl het sedert 1993 ’n belangrike rol by Toyota Suid-Afrika gespeel.

Op sosiale media het boodskappe van medelye vir Van Zyl se familie teen Saterdagoggend ingestroom. Hy is in dié inskrywings geloof vir sy groot bydrae tot die “Toyota-wêreld” oor die afgelope paar dekades.

Meer oor:  Toyota  |  Johan Van Zyl  |  Voorsitter  |  Oorlede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.