Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Vragmotor-ongeluk lei tot chaos op Jhb-paaie
Talle motoriste het foto’s van die ongelukstoneel op Twitter gedeel.

’n Vragmotorongeluk het Woensdagoggend reuseverkeersknope in Johannesburg veroorsaak toe ’n vrag hoenderaftrekselpoeier op die N3-snelweg naby die Marlboro-afrit beland het.

Talle motoriste het op Twitter gekla oor die verkeersknope wat dié ongeluk op dié snelweg en verskeie ander roetes in die stad veroorsaak het.

Eyewitness News het getwiet drie bane van die N3-snelweg was gesluit omdat die pad besaai was met bokse vol van die poeier.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare911, sê niemand is in die ongeluk beseer nie. “Die verkeer is egter daardeur geraak.”

Beamptes van die polisie en die metropolisie was op die toneel.

Teen omstreeks 12:00 het Eyewitness News getwiet dat die snelweg opgeruim is en dat die verkeer weer vloei.

Teen omstreeks 12:00 het verkeer weer op die N3-snelweg gevloei, volgens ’n twiet van Eyewitness News.

Meer oor:  Athlenda Mathe  |  Johannesburg  |  Chaos  |  Lei  |  Vragmotor  |  Ongeluk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.