Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Weermag bring hulde aan soldate wat vir vrede sterf

Rou snikke het Woensdag opgeklink onder familielede, kollegas en vriende toe hulde gebring is aan 55 Suid-Afrikaanse soldate wat dood is in vredesoperasies van die Verenigde Nasies (VN).

Genl. Solly Shoke (links), hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het 'n krans namens pres. Cyril Ramaphosa gelê. Foto: Mlungisi Louw

Die Internasionale Dag vir VN-vredesmagte, wat jaarliks op 29 Mei gehou word, is Woensdag by De Brug buite Bloemfontein gevier. Hier word hulde gebring aan soldate wat in dié vredesmissies dien, en diegene wat hul lewe in sulke operasies verloor het, word gedenk.

Bykans 1 000 weermaglede en burgerlikes, asook buitelandse gaste van buurlande soos Zimbabwe, het die geleentheid bygewoon.

Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), het namens pres. Cyril Ramaphosa ’n krans gelê vir Suid-Afrikaanse soldate wat hul lewe in vredesoperasies verloor het.

Brig.genl. Monwabisi Jamangile, kapelaan-generaal van die SANW, het in die erediens gesê “ons is omdat hulle was”.

“Deur die geloof is hulle nog met ons, al is hulle dood terwyl hulle met vredesoperasies wêreldwyd besig was.

Deur die geloof is hulle nog by ons, al het hulle gesterf. God bou brûe in troebel waters.

“Ons kan trots wees, want dié soldate het uitsonderlike krag getoon toe dit nodig was.

“Hulle het hul familie, kollegas, vriende en drome agtergelaat en met hul lewe geboet sodat ons kan lewe.

Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Woensdag op De Brug buite Bloemfontein. ’n Gedenkdiens vir soldate wat in vredesoperasies van die Verenigde Nasies dood is, is hier gehou.Foto: Mlungisi Louw

“Hul naasbestaandes mag nooit hoop laat vaar of húl drome verloor nie. Deur die geloof is hulle nog by ons, al het hulle gesterf. God bou brûe in troebel waters.”

Orkeste van die polisie en die weermag, asook kore, het aan die verrigtinge deelgeneem.

Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, op die jaarlikse gedenkdiens vir soldate wat in vredesoperasies van die Verenigde Nasies dood is. Foto: Mlungisi Louw
Elisa Badenhorst word deur ’n lid van die weermag ondersteun. Haar seun Benjamin Titus is in 2008 ten tyde van ’n VN-vredesoperasie in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood. Foto: Mlungisi Louw

’n Gebroke Elisa Badenhorst, ma van die Suid-Afrikaanse soldaat Benjamin Titus wat op 29 Oktober 2008 in die Demokratiese Republiek van die Kongo dood is terwyl hy deelgeneem het aan ’n VN-vredesoperasie, is deur weermaglede ondersteun toe sy ’n krans vir haar seun gelê het.

Badenhorst het so gehuil dat soldate se oë vol trane geskiet het waar hulle in ’n netjiese ry agter haar en haar familie gesit het.

“Ek het al die pad van Noordwes gekom om vandag weer aan my geliefde Benjamin eer te kom betoon,” het sy deur haar trane aan Netwerk24 gesê.

Lt.genl. Vusumzi Masonde, stafhoof van die SANW, het ook ’n krans gelê vir Suid-Afrikaanse soldate wat in VN-vredesmissies dood is.

Nardos Bekele-Thomas residentkoördineerder van VN-ontwikkelingsprogramme in Suid-Afrika, het ’n krans gelê vir alle soldate oor die wêreld heen wat in VN-vredesmissies dood is.

Genl. Solly Shoke (heel voor), hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, Woensdag op De Brug buite Bloemfontein op die jaarlikse gedenkdiens vir soldate wat in vredesoperasies van die Verenigde Nasies dood is. Foto: Mlungisi Louw
Genl. Solly Shoke, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, het namens pres. Cyril Ramaphosa ’n krans gelê. Foto: Mlungisi Louw
Nardos Bekele-Thomas, residentkoördineerder van die Verenigde Nasies in Suid-Afrika, het ’n krans gelê vir alle soldate wat wêreldwyd in vredesoperasies dood is. Foto: Mlungisi Louw
Lt.genl. Vusumzi Masonde, stafhoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, lê ’n krans vir die Suid-Afrikaanse soldate wat wêreldwyd in vredesoperasies dood is. Foto: Mlungisi Louw

Meer oor:  Verenigde Nasies  |  Bloemfontein  |  Soldate  |  Weermag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.