Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Algemeen
Zephany: ‘Ma het my goed grootgemaak, maar . . .’
’n Skermgreep van die onderhoud met Miché Solomon, ook bekend as Zephany Nurse, Donderdagaand op eNCA in ’n eksklusiewe onderhoud met Annika Larson. Foto: eNCA

Miché Solomon, ook bekend as Zephany Nurse wat 22 jaar gelede as ’n baba uit die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad gesteel is, sê sy is steeds lief vir die vrou wat haar gevat het.

Sy het pas haar boek Zephany – Twee ma’s. Een  dogter. ’n Ongelooflike ware verhaal, oor haar lewe uitgereik.

Solomon het Donderdagaand in ’n eksklusiewe onderhoud met Annika Larson op eNCA gesê sy keur dit nie goed dat Lavona Solomon haar as baba gevat “en ’n deel van my lewe, en my biologiese ouers, Celeste en Morné Nurse, se lewe gesteel het nie”.

“Lavona, Mommy, het alles op die spel gesit om my te vat en groot te maak – dit is ’n teken van onvoorwaardelike liefde. Maar wanneer sy uit die gevangenis vrygelaat word en tuiskom, gaan sy weet ek en Daddy (Michael Solomon) is bewus van wat gebeur het. Die wete sal haar die res van haar lewe teister.”

Lavona, wat in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis is, word in die Worcester-gevangenis aangehou.

“Sy en Daddy het my ’n baie goeie lewe gegee en my liefgehad. Ons was nie ryk nie, maar ek het altyd gekry wat ek begeer het.

“Die media het die verkeerde beeld oorgedra dat ek nie my biologiese ouers ’n kans wou gee om my te leer ken nie. Dit is moeilik om ’n verhouding te bou, maar ons probeer steeds.

“Ek hou my twee kinders styf vas, want ek wil die beste ma vir hulle wees wat ek kan.”

Meer oor:  Zephany Nurse  |  Miché Solomon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.