Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 in hof ná aanval op vrou in Touwsrivier

Een van Stef Groenewald (74) se vermeende aanvallers het glo onder sy bed vir die polisie weggekruip toe hulle hom by sy huis in Touwsrivier gaan soek het.

Richard Kotella (49) en ’n vriend van hom, ene Plank, is kort ná die wrede aanval Dinsdagaand op Groenewald in hegtenis geneem en het Donderdag op aanklag van huisroof in die plaaslike landdroshof verskyn.

Ricardo Kotella is een van die mans wat vir die aanranding op Stef Groenewald in hegtenis geneem is. Foto: Facebook

Kotella is luidens bronne op die dorp aan Groenewald en haar kinders bekend en was glo op ’n tyd goed met een van haar dogters bevriend.

Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, het bevestig dat twee mans in hegtenis geneem is. Hulle het Groenewald vermoedelik oorval nadat sy haar agterdeur oopgesluit het om te gaan kyk hoekom haar honde blaf.

“Haar kop is herhaaldelik teen ’n muur geslaan totdat sy haar bewussyn verloor het,” sê Van Wyk.

Die saak teen die mans is tot 1 Augustus uitgestel. Hulle bly tot dan in aanhouding.

Groenewald se dogter, Alida, het ná die aanval op Facebook geskryf dat sy amper nie haar ma herken het nie.

“ ’n Mens mag nie haat nie, sê die Bybel, maar wat doen ’n mens as ’n ding, ’n gemors, jou 74-jarige mammie pap slaan sodat dat jy haar amper nie herken nie? My ma wat nooit ’n harde woord vir iemand het nie, wat haarself kaalgat sal uittrek solank haar kinders versorg is.”

Groenewald word in die Mediclinic Worcester behandel. Alida het op Facebook geskryf dat haar ma sleg lyk en “bitter baie pyn het” en dat hulle op die uitslag van x-strale en skanderings wag.

Meer oor:  Touwsrivier  |  Verdagtes  |  Hof  |  Aanranding  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.