Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 knou glo nog leerlinge af in Bfn-skool

Sedert drie jong mans in die landdroshof in Bloemfontein verskyn het oor beweerde boeliegedrag, lyk dit asof dié vermeende afknouers se probleme net al hoe meer word.

Van links staan Jason Litch, JC Janse van Rensburg en Jarod Grey Dinsdag in die beskuldigdebank van die Bloemfonteinse landdroshof. Foto: ALZANE NARRAIN

Die polisie is tans besig om heelparty verklarings teen Jason Litch (19), JC Janse van Rensburg (18) en Jarod Grey (19), almal oudleerlinge van die Martie du Plessis-skool in die stad, af te neem.

Dié seuns staan tereg op aanklagte van crimen injuria nadat hulle na bewering in November verlede jaar hul oudskoolmaat Corné Snyman by die skool gevloek en rondgestamp het.

Thando Mgqweto, die aanklaer, het Dinsdag voor landdros Vuyelwa Mahamba gesê Snyman is nie die enigste leerling wat beweer dié drie het hom geteister nie.

Hy het gesê meer slagoffers het na vore gekom.

Sodra al die nodige verklarings afgeneem is, kan die verhoor begin.

Nog aanklagte teen die drie gaan moontlik bygevoeg word, het Mgqweto gesê.

Landdros Mahamba het die seuns se verhoor vir verdere ondersoek tot volgende maand uitgestel.

Arthur Koorst van Phatshoane Henney-prokureurs tree vir die seuns op.

* Litch, Janse van Rensburg en Grey se verskyning in die hof spruit uit gebeure die oggend van 8 November verlede jaar toe hulle Snyman glo by die skool “lelike name” toegesnou en rondgestamp het.

Dié middag het Snyman ’n klag by die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein ingedien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.