Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Blompot-saak: Niemand weet waar beskuldigde is nie

Die jong man van Eversdal, Bellville in Kaapstad, wat na bewering sy vriend se ma met ’n blompot doodgeslaan het, het Maandag nie vir sy verhoor opgedaag nie.

Reghard Groenewald (24) se regspan het ook bevestig hulle weet nie waar hul kliënt is nie.

Groenewald staan tereg op aanklag van roof met verswarende omstandighede en van die moord op Hilary van Rooyen (52) op 9 Mei 2017.

Hilary van Rooyen
Hilary van Rooyen Foto: Facebook

Groenewald was vriende met die oorledene se jongste seun, Luke (24). Hulle was saam op skool en Groenewald het die oorledene geken.

Adv. Evandé Kortjé (regs), staatsaanklaer, en adv. Ross McKernan, Reghard Groenewald se regsverteenwoordiger, bespreek van die hofdokumente in die saak. Foto: Adrian de Kock

Groenewald, wat op 27 Februarie skuld op die aanklagte ontken het, het in sy pleitverduideliking aangevoer dat hy nie die besonderhede van die voorval goed kan onthou nie. Hy was oorweldig deur emosie en onder die invloed van dagga, wat hy glo gereeld rook.

Die staat voer aan Groenewald het haar daardie dag besoek, haar van haar selfoon en huissleutels beroof en dat hy haar met sy hande en ’n blompot aangerand het. Volgens die staat het hy ook beplan om Van Rooyen te vermoor.

Die staat was Maandag gereed om twee polisiebeamptes te roep om te getuig, maar kort ná 10:00 het dit geblyk dat Groenewald nie daar was nie.

Regspanne het met regter David Wille in sy kamers gaan praat.

Met hul terugkoms het Wille die hof ingelig dat hy ’n lasbrief vir Groenewald se inhegtenisneming uitreik, maar dat hy dit tot Dinsdag 10:00 sal laat oorstaan.

Indien die beskuldigde Dinsdag weer nie by die hof is nie, sal die lasbrief aan die polisie oorhandig word, wat Groenewald dan in hegtenis kan neem.

Wille het aan die hof verduidelik dat selfs die beskuldigde se regspan nie weet waar hy is nie.

“Dit gebeur soms dat sulke voorvalle in strafsake plaasvind.”

Wille het die saak tot Dinsdag verdaag.

Reghard Groenewald
Reghard Groenewald in Julie 2017 buite die landdroshof in Bellville.Foto: Jaco Marais
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.