Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
'Bly in tronk. Wit mense sal jou doodmaak'

“Wit mense wil jou nie daar sien nie. Hulle sal jou doodmaak as jy terugkeer.”

So het landdros Loyiso Mzana Dinsdag in die landdroshof in Bloemfontein gesê voordat sy Jocob Sethunya (64) se aansoek om borgtog van die hand gewys het.

Die staat beweer dat Sethunya, ’n tuinwerker en pensioentrekker, Hettie Thomas (85) op 27 Julie vanjaar in haar huis in Gardeniapark, Bloemfontein, vermoor het.

Mzana sê omdat Sethunya op Thomas se erf gewoon het en die misdaad daar gepleeg is, kan hy nie daarheen terugkeer nie. Hy het ook nie ’n alternatiewe adres nie. “Wit mense wil jou beslis nie daar sien nie. Hulle sal jou doodmaak as jy terugkeer.”

Mzana sê sy kan Sethunya nie op borgtog vrylaat as hy nie verblyf het nie. “Die veiligste plek vir jou is aanhouding in die gevangenis.”

Ao. Khaile Mathibela, ondersoekbeampte, het getuig dat Sethunya met bloed in sy kamer en op sy lakens aan die moord gekoppel word.

Die polisie het ook sy pet in Thomas se huis gekry.

Mathibela sê hy vermoed dat Thomas in ’n bakleiery dood is omdat haar bloed nie net op een plek was nie.

Sethunya het in ’n verklaring gevra om op borgtog vrygelaat te word omdat hy aan jig ly en nie die nodige behandeling in aanhouding kry nie.

Mzana het die verhoor na volgende maand uitgestel.

Die staatsaanklaer is Titus Kopa.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Borgtog  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.