Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Bosasa: Linda Mti reg om homself aan polisie oor te gee

Die prokureurs van Linda Mti, die voormalige tronkhoof, het 'n ooreenkoms met die Valke bereik dat hy homself Donderdag tussen 11:00 en 12:00 aan die polisie gaan oorhandig.

Hy sal daarna na verwagting in die handelshof in Pretoria verskyn in verband met klagtes van korrupsie, het Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, gesê.

Linda Mti, hoof van veiligheid en sekuriteit in die Nelson Mandelabaai-metro.

Dit kom nadat Bosasa-hoës en voormalige amptenare van die departement van korrektiewe dienste (DKD) reeds Woensdag in die hof verskyn het.

Soos vroeër berig, is Angelo Agrizzi, voormalige bedryfshoof van Bosasa, Andries van Tonder, voormalige finansiële hoof van Bosasa, en Patrick Gillingham, voormalige finansiële hoof van die DKD, in hegtenis geneem nadat hulle hulself op versoek van die polisie Woensdagoggend oorgegee het.

Net Gillingham, Agrizzi en Van Tonder het Woensdag aanvanklik in die beskuldigdebank gestaan.

Mti was nog in die Oos-Kaap, het die hof gehoor.

Verteenwoordigers van die sake-entiteite African Global Operations, Sondolo IT en Phezulu Fencing, wat as beskuldigdes op die klagstaat genoem word, sal nog aangewys word.

Kort ná Gillingham, Agrizzi en Van Tonder se hofverskyning het Frans Vorster en Carlos Bonafacio, albei destyds werknemers van Bosasa, ook in die beskuldigdebank gestaan.

Hoewel die twee sake met mekaar verband hou, is dit vir “ondersoekdoeleindes” geskei.

Die staat het nie borgtog teengestaan nie, want die beskuldigdes word nie as vlugrisiko’s beskou nie en het hul samewerking aan die polisie gegee. Almal is op borgtog van R20 000 vrygelaat en moet hulle paspoorte indien.

Hulle moet weer op 27 Maart in die hof verskyn. Daar is tans ses aanklagte van die oortreding van die wet op openbare finansiële bestuur en een van korrupsie teen Mti.

Meer oor:  Bosasa  |  Linda Mti  |  Pretoria  |  Handelshof  |  Hof  |  Gearresteer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.