Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Halfnaakte dogter moes glo kyk hoe ma verkrag word

’n Vrou (45) wat saam met haar kinders in hul plaashuis aangeval en as gyselaar aangehou is, het Woensdag in die hooggeregshof in Port Elizabeth getuig sy is 100% seker die man in die beskuldigdebank is die persoon wat haar aangeval en verkrag het.

Die vrou was Woensdag onder kruisverhoor deur adv. Jodene Coertzen, die beskuldigde, Sebenzile Simane (32), se regsverteenwoordiger.

Simane, wat op die plaas gewerk het, het skuld ontken op aanklag van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, ontvoering, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, twee aanklagte van verkragting, aanklag van poging tot verkragting, vier aanklagte van poging tot moord en die dwing van ’n kind om ’n seksuel

Sebenzile Simane sê
Sebenzile Simane sê hy het nie die klaer aangeval nie. Foto: Lulama Zenzile

e oortreding te aanskou.

Die slagoffer en haar kinders was op 23 Maart 2018 alleen tuis toe Simane na bewering toegang tot hul huis verkry het. Sy is meer as een keer verkrag nadat sy ook skietwonde opgedoen het.

Haar dogter het tydens die tweede verkragting met ’n naakte onderlyf langs haar ma op die bed gelê en moes op die aandrang van die beskuldigde die verkragting aanskou. Die vrou is ’n tweede keer verkrag om te keer dat die beskuldigde haar dogter verkrag.

Coertzen het gesê dit wil voorkom asof die vrou se aanvaller by haar huis opgedaag het omdat hy op soek was na haar man.

Tydens haar hoofgetuienis het die vrou gesê die man was woedend en wou weet waar haar man is. Hy het beweer haar man skuld hom geld en het herhaaldelik vir die kinders gesê hy gaan hul pa doodmaak en daarna die hele gesin uitwis.

Simane het by monde van Coertzen gesê hy het nooit op die plaas gewerk nie. Hy beweer hy het sy ID vir ’n vriend gegee, wat werk op die plaas gesoek het.

Coertzen het daarop gewys dat die slagoffer se eerste verklaring aan die polisie nie al die aspekte vervat wat sy tydens haar getuienis weergee het nie.

Die slagoffer het hierop gesê die omvang van haar aanvaller se dreigement kom nie so sterk voor in haar verklaring nie. Sy het ook gesê dat sy nog nooit voet gesit het in ’n hof nie en dat sekere aspekte van die aanval eers later by haar opgekom het.

Coertzen het die instruksies wat Simane aan haar gegee het aan die slagoffer gestel. Die dele in aanhalingstekens was die slagoffer se antwoord:

Coertzen: My kliënt sê hy is nie die persoon wat jou aangeval het nie.

“Hy is my aanvaller. Ek is 100% seker dit is die man met wie ek vier ure deurgebring het. Dit is iets wat ’n mens nie sommer vergeet nie.”

Coertzen: Hy dra geen kennis van die aanval op jou nie en sê jy maak ’n fout deur te sê dit is hy.

“Ek sal nooit ’n fout maak nie.”

Coertzen: Hy erken dat dit hy is op die beeldmateriaal by die OTM, maar sê hy het die bankkaart en die PIN by ’n vriend gekry wat hom geld skuld. Hy het die bankkaarte aan sy vriend terugbesorg nadat hy geld onttrek het.

“Ek het persoonlik vir hierdie man my bankkaarte en my PIN’s gegee.”

Die slagoffer het haar getuienis Woensdag afgesluit. Die saak duur voort.

Luidens ’n hofbevel mag die media nie die slagoffer se naam, die name van haar kinders of die plek publiseer waar die aanval plaasgevind het nie.

Meer oor:  Sebenzile Simane  |  Port Elizabeth  |  Vrou  |  Kinders  |  Plaashuis  |  Plaasaanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.