Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof hou by beslissing dat lugdiens nie mag vlieg
Een van die vliegtuie van die private lugdiens CemAir.

Die dringende hofaansoek waarin die private lugdiens CemAir vra dat die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid (BLO) se verbod op sy vliegtuie om te vlieg moet omgekeer word, is Woensdag in die hooggeregshof in Johannesburgse met koste verwerp.

Dit beteken CemAir mag nie verder sy lugdiens bedryf voordat hy voldoende bewyse kan lewer dat sy vliegtuie lugwaardig is nie.

Die hof se besluit Woensdag baan die weg vir die BLO om die lugdiens te versoek om sy sertifikate van lugwaardigheid vir die vliegtuie wat verbied word om te vlieg terug te gee en om die lugdiens se vlieglisensie op te skort.

Die BLO het in Februarie verlede jaar ook CemAir se vlerke geknip weens kommer oor die lugwaardigheid van die 21 vliegtuie wat hy bedryf.

In Desember is twee van die lugdiens se lisensies opgeskort omdat sy jaarlikse oudit getoon het dat hy nie die nodige veranderinge aangebring het om te voldoen aan die owerheid se vereistes om te vlieg nie.

Die BLO sê in reaksie op die hofbevel dat hy bereid is om die lugdiens by te staan sodat hy aan die nodige vereistes kan voldoen. Hy sê verder dat die hof se beslissing teen die lugdiens nie as ’n oorwinning beskou moet word nie, maar eerder as ’n bevestiging dat die veiligheid van die mense altyd eerste gestel sal word wanneer besluite oor die lugvaartbedryf geneem word.

Meer oor:  Cemair  |  Hof  |  Lugdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.