Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Hof sê nee vir Packham se appèl

Rob Packham, sakeman van Constantia, Kaapstad, wat daarvan aangekla word dat hy sy vrou, Gill Packham, in Februarie 2018 vermoor en haar BMW-motor met haar lyk daarin aan die brand gesteek het, se aansoek om teen sy borgtog-uitspraak te appelleer, het misluk.

Regter Elizabeth Baartman het Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad uitspraak gelewer nadat Packham sy aansoek Dinsdag by die hof ingedien het.

In sy aansoek het hy steeds ontken dat hy die persoon is wat e-posse en briewe aan ’n staatsgetuie gestuur het. Die staatsgetuie is glo sy voormalige minnares.

Rob PackhamFoto: Son

Ben Mathewson, Packham se regsverteenwoordiger, het in Packham se aansoek om verlof tot appèl teen die besluit om sy borgtog in te trek, gesê die getuienis wat aan die hof gelewer is, is alles hoorsê.

Packham se borgtog is verlede jaar teruggetrek nadat die staat aangevoer het dat hy e-posse aan ’n staatsgetuie gestuur het. Hy het die e-posse en briewe glo via ’n vriendin van die staatsgetuie aan haar gestuur en het sodoende een van sy borgtogvoorwaardes oortree.

Mathewson het aangevoer daar is geen bewyse dat Packham die e-posse gestuur het nie.

Die staat het in sy verweer aangevoer dit maak nie saak of sulke elektroniese toerusting by Packham gevind is, of nie. Adv. Susan Galloway sê volgens die gewysigde borgtogvoorwaardes mag hy ook nie van enige elektroniese kommunikasietoerusting gebruik maak nie. “Die feite en omstandighede wys dat die aansoeker ’n elektroniese toestel gebruik het om met me. Ford te kommunikeer.” Sy het die hof gevra om Packham se appèlaansoek van die hand te wys.

Baartman het in haar uitspraak gesê Packham se aansoek het geen gronde nie. Sy het gesê Mathewson het verkies om die feit te ignoreer dat die getuies gekla het dat hulle deur Packham gepla word.

“Ek weet nie hoe dit in die belang van geregtigheid kan wees om ’n staatsgetuie lastig te val reg voordat sy verhoor moet begin nie,” sê sy.

Sy het die staat se verweer aanvaar en Packham se aansoek van die hand gewys.

Meer oor:  Rob Packham  |  Moordsaak  |  Packham-Moordsaak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.