Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Korrektiewe toesig vir polisielid wat sy vrou skiet

’n Polisieman wat sy vrou in ’n stoeiery om sy dienspistool op ’n partytjie ná haar matriekafskeid noodlottig gewond het, is in die hooggeregshof in Bloemfontein tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis.

Sy vrou was woedend omdat ’n gewese meisie hom gebel en gelukgewens het met sy vrou se matriek-prestasie, sê Fana Sam Moloi (31), van die polisiekantoor in Lindley in die Vrystaat, in sy pleitverduideliking.

Hy was buite om nog drank uit sy motor te gaan haal toe hy die oproep ontvang het.

Sy vrou, Mantja (21), het die gesprek gehoor, die selfoon gegryp en met die gewese meisie gepraat.

Sy het daarna die selfoon teen die grond stukkend gegooi.

Hy is agter haar aan die huis in waar hul gaste nog was.

Hy het hom na sy slaapkamer gehaas, waar hy in die loop van sy dienspistool vasgekyk het.

Terwyl hy in die badkamer besig was, het hy gehoor sy kluis se deur word oopgemaak. Dit was vir hom vreemd, want hy het die sleutel weggesteek.

Hy het hom na sy slaapkamer gehaas, waar hy in die loop van sy dienspistool vasgekyk het.

Mantja het gedreig om hom en haarself te skiet.

Hy het haar probeer ontwapen en ’n stoeiery het ontstaan. Die volgende oomblik het ’n skoot afgegaan.

Hy ontken nie dat hy in die stoeiery die sneller getrek het, wat die noodlottige skoot veroorsaak het nie en was dus nalatig, lui Moloi se weergawe oor die gebeure in die vroeë oggendure van 2 Desember 2017 in die Ntha-woonbuurt by Lindley.

Dit was eers toe hy die bloed aan Mantja sien dat hy besef het sy is getref.

Sy het na buite gestrompel, waar een van die gaste haar tot by die motorhuis gehelp het.

Sy het daar neergeval en is aan die borswond dood.

Hy het skuld op ’n aanklag van strafbare manslag beken.

Regterpresident Cagney Musi het ’n vonnisooreenkoms wat Moloi met die staat aangegaan het, bekragtig.

Daarvolgens moet Moloi vir 36 maande gemeenskapsdiens van 16 uur per maand te doen en ontwikkelingsprogramme deurloop.

Hy is steeds in die polisie.

Luidens ’n maatskaplike verslag is hy ’n goeie en pligsgetroue polisieman.

Hy het Mantja in 2014 ontmoet toe sy in graad 10 was. In dieselfde jaar het sy swanger geraak met hul tweelingdogters. Hulle was in ’n saambly verhouding tot hulle in April 2017 getroud is.

Adv. Johan Roothman het aangekla. W.T. Bester het vir Moloi opgetree.

Meer oor:  Jaloesie  |  Stryery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.