Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Maatskappy moet R2,3 m. aan voorsorgfonds betaal

Die hooggeregshof in Kaapstad het opdrag gegee dat ’n veiligheidsmaatskappy van Seepunt ’n uitstaande bedrag van R2,3 miljoen aan ’n voorsorgfonds moet betaal.

Die maatskappy Proexec Security Network en die eienaar, Geoffrey Levy, het vir jare nagelaat om gereeld bydraes vir die Private Sector Security Provident Fund te betaal, sê die nieregeringsorganisasie GroundUp.

“Daar is geen twyfel dat die fonds sy saak oortuigend gestel het nie,” sê regter André le Grange.

“Die eienaar moet indien moontlik alle uitstaande bedrae binne 30 dae betaal.”

Tot omstreeks September 2017 het Proexec meer as 200 veiligheidsbeamptes in diens gehad by geboue en woonstelblokke in die Seepunt-omgewing.

Die voorsorgfonds het in 2018 ’n hofbevel gevra dat Levy die uitstaande bydraes en rente daarop moet betaal. Die saak is uitgestel om prokureurs toe te laat om die spesifieke bedrag te bepaal omdat die maatskappy nie die bedrag wat die fonds geëis het, aanvaar het nie.

Ons gaan volgende week ’n misdaadsaak teen Levy aanhangig maak. As ek nie gelukkig was en ’n ander werk gekry het nie, het ek nou onder ’n brug geslaap.
Fikile Vakele

Levy se vrou, Natasha, het tydens Woensdag se verhoor erken daar is geld uitstaande, maar gesê hulle kan nie met die fonds ooreenkom hoeveel dit is nie.

“Mense maak foute en mnr. Levy het probeer om die foute reg te stel,” sê sy.

Volgens haar het hulle geldelike probleme en sal hulle nie in staat wees om die fonds te betaal nie.

“Dit is nie dat ons nie die geld wil betaal nie, maar ons sit op straat en het nie eens genoeg geld om kos vir ons kinders te koop nie,” sê sy.

Die hof het bepaal die bedrag wat verskuldig is, is R2,3 miljoen.

Die fonds se prokureur sê dat daar oudwerkers is wat dit ook moeilik het. Hulle het gedink hulle dra by tot hul pensioenfonds, terwyl die geld nie na die fonds gegaan het nie.

Fikile Vakele wat vir sowat tien jaar vir Levy se maatskappy gewerk het, het ná die hofuitspraak gesê die werkers is nie 100% tevrede nie.

“Dit lyk of hulle die saak onder hulle gaan skik en dat Levy nie tronk toe gaan nie. Ons gaan volgende week ’n misdaadsaak teen Levy aanhangig maak. As ek nie gelukkig was en ’n ander werk gekry het nie, het ek nou onder ’n brug geslaap.”

Meer oor:  Seepunt  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.