Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man beweer hy het vrou uit selfverdediging vermoor

’n Man van Khayelitsha sê hy het sy vrou uit selfverdediging doodgemaak toe sy hom tydens ’n stryery met ’n mes aangeval het.

Hy was bang die gemeenskap sou hom hieroor doodmaak en het dus haar lyk opgekap en op verskillende plekke in Khayelitsha gegooi, het hy Dinsdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangevoer.

Goodman Nobade (57) ontken skuld op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, moord en regsverydeling.

Hy sê hy het homself verdedig toe sy gemeneregvrou, Agnes Msiza (38), hom in April 2017 in hul huis in Site B, Khayelitsha, aangeval het.

Die polisie het op 1 Junie 2017 die kop en linkerdybeen in ’n oop stuk veld gevind.

Goodman Nobade (58), wat sy gesig met ’n handdoek probeer bedek het, staan in die beskuldigdebank in die hooggeregshof in Kaapstad. Foto: Son

Luidens die lykskouingsverslag was die kop by die derde rugwerwel afgesny. Die brein en oë was toe reeds so ver ontbind dat dit ’n vloeistof was. Die kop was toegedraai in ’n swart lap, ’n wit doilie, ’n pienk serp en pienk broekie en ’n swart-en-blou plastieksak. Daar was geen beserings aan die skedel nie.

Die dybeen is 47 cm lank en is onder die heupbeen afgesny. Dit was in ’n swart-en-groen plastieksak toegedraai.

Volgens die forensiese patoloog kon sy nie die oorsaak van dood bepaal nie.

Volgens die staat het Msiza in September 2016 ’n aansoek om ’n beskermingsbevel teen Nobade by die hof in Khayelitsha ingedien nadat hy haar glo aangerand het met die doel om haar ernstig te beseer. Luidens die opsomming van wesenlike feite voer die staat aan dat Nobade Msiza verskeie kere verbaal en fisiek mishandel het.

Msiza het in September 2016 in die aansoek om die beskermingsbevel getuig, en dit is toegestaan. Nobade wou egter nie die bevel onderteken toe dit aan hom bedien is nie.

Hierna, voer die staat aan, het hy haar vermoor.

Hy het die moord verbloem deur die toneel skoon te maak en van die lyk ontslae te raak.

Hy het nadat hy in hegtenis geneem is ’n verklaring by die polisie afgelê.

Hy het aan verskeie mense vertel Msiza is na ’n begrafnis in De Doorns en het nie na Kaapstad teruggekom nie.

Die verhoor duur voort.

Meer oor:  Moordverhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.