Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man vertel presies hoe hy sy vrou se lyk opsny

In ’n verklaring van nege bladsye beskryf ’n man van Khayelitsha in fyn besonderhede hoe hy sy vrou vermoor en haar ledemate en kop afgesny het.

Goodman Nobade (58) ontken skuld in die hooggeregshof in Kaapstad op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, moord en regsverydeling.

Goodman Nobade
Goodman Nobade in die hof. Foto: Son

Volgens hom het hy homself teen Agnes Msiza (38), sy vrou, verdedig toe sy hom in April 2017 met ’n mes in hul huis in Site B, Khayelitsha, aangeval het.

Die polisie het op 1 Junie 2017 die kop en linkerdybeen in ’n oop stuk veld gevind. Nobade is hierna in hegtenis geneem.

Die staat het Nobade se verklaring Dinsdag in die hof as bewysstuk ingedien.

Die verklaring vertel die gruverhaal van hoe ’n man sy veel jonger vrou vermoor het.

Volgens Nobade het hy hom dié oggend in die badkamer gewas en Msiza, wat nog in die slaapkamer was, wou weet hoekom hy so vroeg in die oggend so netjies aangetrek is.

Volgens Nobade het Msiza op hom geskree en gedurende hul stryery het hy in die spieël gesien hoe sy met ’n mes in haar hand op hom afpyl.

Hy het daarin geslaag om die mes te gryp, maar het sy pinkie gesny. Die snywond was sowat 5 cm lank.

Ná ’n worsteling het hy bloed op die vloer gesien en hy het haar hele gewig op hom gevoel.

Hy sê “alles het baie vinnig gebeur” en hy het besef sy is gesteek en is besig om dood te gaan.

Volgens Nobade het hy haar na die slaapkamer gesleep. Hy het die plek skoongemaak en die slaapkamer gesluit.

“Ek was moeg en het op die bank gaan sit. Toe het ek besef ek het vergeet om die mes uit haar liggaam te trek en het dit gaan doen.”

Hy het gesien die mes was diep in haar linkerkant gesteek en hy het dit uitgetrek.

“Ek het toe besef ek het haar doodgemaak en sy is ’n vrou en vroue het te veel regte. As ek hierdie aan die gemeenskap moet vertel, sal ek doodgemaak word. As ek na die polisie gaan, sal ek in hegtenis geneem word en ek is te oud om in die tronk te wees,” lui sy verklaring.

Nobade was vir ’n ruk uit die huis, maar het besef die lyk sal begin ontbind. Hy is terug huis toe en het besluit hy moet van die bewyse ontslae raak.

Hy het eers haar onderbene afgesny en in ’n plastieksak geplaas en dit in Mkhaza in Khayelitsha gaan gooi. Hy is terug huis toe en het toe een bobeen en haar kop afgesny en dit ook in plastieksakke gesit. Hy het dit in ’n oop stuk veld gaan los.

Haar arms is volgende afgesny en langs die N2 in water gegooi.

Die laaste deel, haar regterbobeen, is afgesny en ook in Mkhaza gaan los.

Hy sê nie in die verklaring wat hy met die torso gedoen het nie.

Hy het hierna ’n paar dae in die huis gebly en aan mense vertel Msiza is na ’n begrafnis in De Doorns, waarvan sy nooit teruggekom het nie. Hy het hierna na die Oos-Kaap en Johannesburg gereis en het ’n susterskind gekontak.

Dit was die susterskind wat met die polisie by hom opgedaag het.

Die saak duur voort.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Lyk  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.