Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Mooinooi-moorde: Vrou sal haar by polisie aanmeld

Mercia van Rooi (21) wat gesoek word om te help met die ondersoek na die vermeende moord en ontvoering van Joey en Anisha van Niekerk van Mooinooi, gaan haar Donderdag by die polisie aanmeld.

Gerugte dat sy in hegtenis geneem is, het Woensdag by die landdroshof in Brits, waar sewe beskuldigdes in verband met dieselfde saak verskyn het, die rondte gedoen.

Dit het gemengde emosies by die Van Niekerk-egpaar se familie ontlok.

Wynand van Niekerk, Anisha se broer, het ’n diep sug geslaak en mense omhels. Joey Burnard, Joey se tannie, het die trane afgevee.

Kort daarna het Van Rooi se prokureur, Adrian Nell, by die hof opgedaag om met die ondersoekbeampte te praat. In dié tyd het hy ook ’n oproep van Van Rooi ontvang.

“Nee, sy is nie in hegtenis geneem nie,” het Nell ná die tyd gesê.

“Ons het in die media gesien dat my kliënt gesoek word. Sy is tans in Noordwes en sy sal haarself môreoggend (Donderdag) aan die polisie op Mooinooi oorhandig,” het hy gesê.

AO Mpeile Talane, polisiewoordvoerder, het bevestig ’n lasbrief is nie vir Van Rooi uitgereik nie. Die polisie wil haar ondervra om te help met hul ondersoek.

Die beskuldigdes, ses mans en een vrou, sou Woensdag aansoek om borgtog doen, maar dit is uitgestel omdat twee verdagtes eers die oggend ’n regsverteenwoordiger kon bekom wat hulle dus nie na behore kon konsulteer nie.

Die hofsaal in die landdroshof in Brits was Woensdag weer volgepak met vriende en familie van Anisha en Joey van Niekerk waar sewe verdagtes onder streng polisiebewaking verskyn het. Foto: Hanti Otto

Die sewe beskuldigdes word aangekla van moord, verkragting, roof met verswarende omstandighede, regsverydeling en die besit van ’n onwettige vuurwapen. Hulle mag ingevolge die wet nie geïdentifiseer word nie, nadat die verkragtingsklag bygevoeg is.

’n Pamflet is Dinsdag in die soektog na Van Rooi uitgereik. Dit is op versoek van Joey se familie versprei, waarop hulle ook ’n beloning van R5 000 vir inligting wat sou lei tot Van Rooi se opsporing, uitgeloof het.

Intussen het Talane ook bevestig dat hulle ’n aanklag van die onwettige besit van ’n motorvoertuig teen die vermeende “baasbrein” in die saak ondersoek. Dié man het glo ’n duikkloponderneming in Mooinooi bedryf en dié voertuig is daar gevind.

“Dié saak is egter onverwant aan die Van Niekerk-vroue se saak,” sê Talane.

Joey en Anisha se familie het op Sondag 10 Desember laas met hulle kontak gehad toe hulle van Mooinooi na Pretoria sou gaan om Joey se pa se lyk te gaan uitken nadat hy aan natuurlike oorsake dood is.

Die twee vroue, wat sowat drie jaar getroud is, het nooit hul bestemming bereik nie.

Meer hieroor volg later.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.