Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Pa wat stiefdogter verkrag, kry 5 lewenslange vonnisse

’n Man (38) is Maandag in die streekhof in Richardsbaai vyf lewenslange vonnisse opgelê nadat hy sy stiefdogter van 2005 tot 2016 verkrag het.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die man het reeds sy stiefdogter begin verkrag toe sy vier jaar oud was.

“Die man het nie net vyf lewenslange vonnisse vir sy stiefdogter se verkragting gekry nie. Hy het ’n addisionele vyf jaar gekry omdat hy haar 11-jarige vriendin tydens ’n besoek in Richardsbaai seksueel aangerand het.”

Gwala sê sake van verkragting en seksuele aanranding is by die polisiekantoor in Richardsbaai oopgemaak, maar die saak is na die Empangeni-polisie se eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming (FCS) oorgeskuif.

Die Empangeni-FCS het die verdagte onmiddellik in hegtenis geneem.

News24 berig dat Moses Ntlhako, ’n 69-jarige man, in die Oos-Kaap die res van sy lewe agter tralies sal deurbring nadat hy ’n 13-jarige meisie verkrag het.

Die hooggeregshof in Makhanda (Grahamstad) het hom Dinsdag skuldig bevind nadat hy die meisie in 2017 by ’n woonwapark in Queenstown verkrag het.

Kapt. Namhla Mdleleni, polisiewoordvoerder in die Oos-Kaap, sê die beskuldigde het die slagoffer hierna gedreig om niks hieroor te sê nie.

“Haar oupa het later gesien dat die beskuldigde haar probeer soen. Dit is toe dat die slagoffer haar stilte verbreek het.”

Meer oor:  Richardsbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.