Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Polisie het vrou, klant glo afgepers

Twee polisiekonstabels van Bloemfontein wat na bewering omkoopgeld van ’n vermeende prostituut en haar klant geëis het, sal waarskynlik volgende maand weet of hulle strafregtelik vervolg gaan word.

Mothesi Mafabatho (28) en Nthabiseng Mosia (46), albei van die Navalsig-polisiekantoor, het Woensdag geboei in die beskuldigdebank in die plaaslike landdroshof op aanklagte van korrupsie verskyn.

Landdros Ingrid Matroos het hulle op borgtog van R3 000 elk vrygelaat nadat hulle sedert Dinsdag in aanhouding was. Sy het die saak tot April vir opdragte van die direkteur van openbare vervolging (DOV) uitgestel.

Die konstabels het na bewering op die aand van 20 Februarie op patrolliediens in Raymond Mhlaba-straat (voorheen Andries Pretoriusstraat) afgery.

Dié straat is bekend vir prostitusie en dwelmhandel.

Die staat beweer dat die klaer in die saak omstreeks 02:00 ’n kennis van hom in die straat gesien stap het en by haar gestop het om haar ’n saamrygeleentheid aan te bied.

Enkele oomblikke later het polisievoertuig langs sy motor gestop en hulle is meegedeel dat hulle vir prostitusie in hegtenis geneem gaan word.

Die konstabels het na bewering R500 se omkoopgeld geëis om hulle te laat gaan.

Die polisiebeamptes het die paar na bewering na ’n kitsbank vergesel waar die man glo geld onttrek en aan hulle oorhandig het.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê lede van die polisie se teenkorrupsie-eenheid en die provinsiale misdaadopsporingseenheid het die konstabels Dinsdag in hegtenis geneem. Tugprosesse is ook reeds begin.

Tumelo Ramatlakana het aangekla.

Tiisetsang Motaung tree vir Mosia op en Tsie Mokhomo vir Mafabatho.

Meer oor:  Seks  |  Polisie  |  Hof  |  Afpersing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.