Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Taximan van manslag aangekla ná vrou se dood in Bellville

’n Taxibestuurder wat Dinsdagaand ’n 62-jarige vrou in Bellville, Kaapstad, na bewering doodgery het, word van strafbare manslag aangekla.

Paramedici op die toneel waar ’n vrou (62) Dinsdagaand in Bellville, Kaapstad, vermoedelik deur ’n minibustaxi doodgery is. Die taxibestuurder is intussen van strafbare manslag aangekla. Foto: Verskaf

Intussen het die polisie ’n beroep op ooggetuies gedoen om na vore te kom.

Die polisie het Woensdag bevestig dat die man in hegtenis geneem is nadat die vrou in Charl Malanstraat buite die Middestad Mall raakgery is.

Sy is op die toneel, naby die Bellville-treinstasie en taxistaanplek, dood verklaar.

Enigiemand met inligting oor die voorval, kan die Stopmisdaadnommer by 08600 10111 bel.

Meer oor:  Bellville  |  Doodgery  |  Taxibestuurder
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.