Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
‘Verhuring-slenter’: Vrou (32) sal later borgtog vra

Die aansoek om borgtog deur ’n vrou van Sedgefield in die Suid-Kaap wat verskeie mense na bewering met die verhuring van eiendomme uit hul geld bedrieg het, is tot 18 Julie uitgestel.

Marianne Roux (32) is op 21 Junie in hegtenis geneem en het op 24 Junie in verband met ’n saak van diefstal, wat in Januarie aanhangig gemaak is, in die landdroshof in Thembalethu, George, verskyn.

Marianne RouxFoto: Facebook

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê Roux sou Donderdag in die hof verskyn vir ’n amptelike borgtogaansoek, maar die saak is uitgestel sodat die aansoek kan begin. Sy bly in aanhouding.

Volgens die polisie het sy mense bedrieg deur hul deposito’s te vat wat aan die eienaars van vakansieverblyf oorbetaal moes word.

Sy het blykbaar die geld gebruik om ’n oordadige lewenstyl te handhaaf.

Volgens hom het 13 klaers tot dusver na vore gekom en het Roux die mense na bewering uit meer as R70 000 bedrieg.

Mense van so ver as Lephalale (Ellisras) in Limpopo, Midrand en Kempton Park en Bellville is slagoffers van die beweerde slenter.

Volgens Spies is die ondersoek in ’n gevorderde stadium, en kan nog aanklagte by die dossier gevoeg word soos wat die ondersoek vorder.

Dit het vroeër op Facebook aan die lig gekom dat Roux vakansiehuise op die Tuinroete onder “Eden Travel Holiday Homes” bemark het. Die blad is nie meer beskikbaar nie.

In een geval is R6 000 na bewering vir vakansieverblyf in Hartenbos vir Desember vanjaar betaal. Die klaer het egter die huiseienaar gekontak en dié het laat blyk dat die huis glo nooit aan Roux vir verhuring beskikbaar gestel is nie.

Meer oor:  Marianne Roux  |  Sedgefield  |  Bedrog  |  Verhuring-Slenter  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.