Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Werker wat bejaarde stamp, agter tralies tot hofverskyning

Die kombuiswerker wat ’n bejaarde vrou in ’n tehuis gestamp en op die vloer gelos het, verskyn Donderdag op ’n aanklag van aanranding in die landdroshof in Bloemfontein.

Elize Devenish (79) Foto: Charl Devenish

Die 55-jarige vrou van Phelandaba, Mangaung, is Dinsdag in hegtenis geneem en bly tot en met haar verskyning agter tralies.

Dit volg nadat die familie van Elize Devenish (79) ’n klag van aanranding by die polisie ingedien het nadat sy vroeër ’n noodoperasie aan haar hand moes ondergaan.

Devenish is in die eetsaal ná ontbyt deur die werker gestamp en het geval.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, het bevestig sy is in hegtenis geneem en verskyn Donderdag in die hof.

Die kombuiswerker en ’n verpleegkundige, wat tydens die voorval in die kombuis van Ons Tuiste in Engo se sentrum vir bejaardes was, is intussen dissiplinêr verhoor en albei is geskors.

Die verpleegkundige het Devenish op die grond laat lê sonder om haar op te help.

Die voorval is op beeldmateriaal vasgelê en het tot die verhoor gelei.

Rika Wolmarans, Engo-direkteur: ouer persone, het die voorval betreur. “Dit was ’n geïsoleerde voorval wat hoogs onaanvaarbaar is.”

Sy sê die veiligheid van alle Engo-inwoners is ’n topprioriteit. “Die twee werknemers is dadelik ná die voorval geskors. Dissiplinêre verhore is reeds gehou en uitspraak sal mettertyd gelewer word.”

Volgens haar tree Engo in alle gevalle onmiddellik op en stel alle moontlike maatreëls in plek om voorvalle soos dié te voorkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.