Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
10 vas nadat spoorlyn gestroop is
Enkele stukkies staal tussen grond en klippies is al wat oor is van ’n stuk spoorlyn langs die Middelburg-Schoembee-grondpad in Hofmeyr. Foto: Verskaf

Tien mense is vasgetrek vir die plundery van ’n spoorlyn in die Karoo.

Die groep sal Donderdag in die landdroshof in Tarkastad verskyn nadat hulle Maandag in Hofmeyr, ongeveer 65 km noord van Cradock, in hegtenis geneem is.

Die polisie het op inligting gereageer en van die verdagtes op heterdaad betrap waar hulle die treinspoor in Hofmeyr langs die Middelburg-Schoembee-grondpad stroop.

Kapt. Lariane Jonker, polisiewoordvoerder, sê ’n Nissan UD-vragmotor is op die toneel aangetref. In die vragmotor, waarmee die stropers vermoedelik hul buit sou vervoer, is 166 m se treinspore en 83 dwarslêers gekry.

Verdere inligting het die polisie na verskeie huise in die Eluxolweni-nedersetting in Hofmeyr gelei, waar nog mense in hegtenis geneem is.

Die verdagtes is tussen 16 en 39 jaar oud.

Hulle sal ingevolge Transnet se Wet 18 van 2015, art. 3(1)(0) vir die peuter met, beskadiging of die vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur, aangekla word.

Die geskatte waarde van die gesteelde infrastruktuur is R130 000.

Volgens Jonker is die spoorlyn nie meer in gebruik nie.

Mike Asefovitz, woordvoerder van Transnet Freight Rail, het by navraag gesê die diefstal van spoorlyne beïnvloed vragvervoer op hul syspoorlyne.

Hy sê die diefstal van ongebruikte spoorlyne in landelike gebiede is veral ’n bekommernis, aangesien dit hul programme om dié spoorlyne te laat herleef belemmer.

Met bykans 30 000 km se spoorlyne wat die land deurkruis, is beskerming van die infrastruktuur soms ’n uitdaging, sê Asefovitz.

“Maar ons veiligheidstrategieë werk en die aantal suksesvolle vervolgings is ’n bewys daarvan.”

Van die 83 dwarslêers wat in die vragmotor aangetref is, waar ’n groep mense die treinspoor gestroop het. Foto: Verskaf

Meer oor:  Cradock  |  Vandale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.