Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 oor plaasaanvalle in Limpopo aangekeer

Twee vermeende misdadigers wat glo by twee verskillende plaasaanvalle in Limpopo betrokke was, is agter tralies.

’n Man (29) is laat Dinsdagmiddag in Tshikota buite Louis Trichardt ná die wrede aanval op Joekie Nortjé (80) en Johan (62), haar seun, in hegtenis geneem.

Hulle is Maandag net ná 11:00 op hul hoewe sowat 10 km buite Louis Trichardt op die pad na Vivo oorval en met staaldraad vasgebind.

Joekie Nortjé (80) is Maandag ernstig beseer in 'n aanval op ’n hoewe buite Louis Trichardt. Foto: Verskaf

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê lede van die polisie se honde-eenheid en speurders het onverpoos gewerk om die man in hegtenis te neem.

Daar word steeds gesoek na vier ander wat glo ook by die aanval op die Nortjés betrokke was.

Nortjé het Dinsdag ’n operasie in die Mediclinic Tzaneen ondergaan om die erg beskadigde senings in haar hande en arms te heg.

Haar seun, wat herhaaldelik met ’n staalpyp oor sy kop geslaan is en het bloeding op die brein opgedoen het, is tans in die Mediclinic Limpopo in Polokwane.

Die gesteelde selfoon wat van ’n boer van Dendron in Limpopo gesteel is. Foto: HPG

In ’n ander voorval het die Heritage Protection Group (HPG), ’n misdaadbestrydingsorganisasie wat nou saam met die polisie werk, vroeg Woensdagoggend ook in Tshikota ’n man in verband met die onlangse voorval op ’n boer van Dendron in hegtenis geneem.

Oudkol. Sakkie Louwrens van HPG sê speurders van die Mogwadi-polisie in Dendron en Louis Trichardt het hulle in die ondersoek gehelp.

Die man het Basie Nelson (70) na bewering vroeër vandeesmaand op sy plaas in die Lemoenfontein-gebied buite Dendron aangeval.

Louwrens sê daar is op Nelson se Nokia-selfoon beslag gelê. Nog drie ander mans is kort ná die aanval op Nelson in hegtenis geneem en is in aanhouding.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.