Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
2 vermeende huisrowers in Vanderbijlpark vasgetrek
Die polisie in Vanderbijlpark het Woensdag vier vermeende huisrowers agternagesit en twee van hulle in hegtenis geneem. Die verdagtes se voertuig is naby die Vaal Mall van die pad af gedwing ná ’n oor-en-weer-skietery tussen hulle en die polisie.

’n Paar vermeende huisrowers het Woensdagmiddag hul rieme styfgeloop in Vanderbijlpark danksy die polisie se blitsige reaksie.

Vier verdagtes het by ’n huis in Tinus de Jongh-straat ingebreek, maar moes haastig vlug met die polisie op hul hakke.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes het ’n televisiestel en skootrekenaar gesteel.

“Gelukkig het die bure gesien wat gebeur en kon hulle ’n goeie beskrywing van die verdagtes se voertuig aan die polisie gee,” sê Makhubele.

Makhubele sê dit was ’n swart Audi Q7 met vervalste nommerplate.

Die polisie het die motor naby die Vaal Mall opgemerk en dit agternagesit.

Die verdagtes was gewapen en daar het ’n oor-en-weer-skietery ontstaan toe die polisie hulle van die pad af probeer trek het.

Een verdagte is in die rug gewond en in hegtenis geneem. Die bestuurder van die voertuig is ook in hegtenis geneem, terwyl die ander twee ontsnap het.

Die polisie het op die gesteelde goedere, wat in die motor was, beslag gelê.

Die twee verdagtes bly in aanhouding totdat hulle later vandeesweek in die landdroshof in Vereeniging verskyn.

Meer oor:  Vanderbijlpark  |  Rowers  |  Huisroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.