Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
22 van Rouxville vas vir openbare geweld

22 inwoners van Rouxville verskyn eersdaags in die plaaslike landdroshof op aanklagte van openbare geweld en kwaadwillige saakbeskadiging nadat hulle ’n saal geplunder het.

Oproerige inwoners van dié Suid-Vrystaatse dorpie het Maandag en Dinsdag die N6-hoofweg met brandende buitebande versper en ’n saal, wat aan die plaaslike regering behoort, geplunder en ’n kabinet met lêers gedeeltelik uitgebrand.

Sers. Yanga Ngcukana, ’n polisiewoordvoerder, sê die inwoners wil hê dat poste wat onlangs deur die munisipaliteit geadverteer is slegs aan inwoners van Rouxville moet gaan en dat die aansoekproses verander word.

“Geen beserings is aangemeld nie, maar ’n saal se vensters en deure is afgebreek, terwyl ’n kas met dokumentasie gedeeltelik afgebrand is.”

Volgens Ngcukana was die situasie teen Woensdag rustig met verskeie eenhede van die polisie wat ’n wakende oog oor die gebied hou.

Meer oor:  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.