Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
3 dood in skietery met polisie

Drie rowers is Maandag in Kempton Park aan die Oos-Rand doodgeskiet toe hul in ’n gekaapte voertuig vir die polisie gevlug het.

“Polisiebeamptes het ’n Audi A7 wat verlede week in Kempton Park gekaap is, opgemerk en agternagesit. Die drie insittendes het probeer wegjaag en by die R25 naby die Kaalfontein-treinstasie in Kempton Park op die polisiebeamptes losgebrand,” sê brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder.

Die polisie het teruggeskiet en die mans is op die toneel dood.

Beslag is gelê op ’n R5-geweer, ’n 9 mm-pistool en ammunisie.

’n Vrou is beseer en na ’n hospitaal geneem nadat die rowers in haar voertuig vasgejaag het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.