Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
5 tieners vas vir moord wat op video vasgelê is

Vyf tieners van verskillende hoërskole in Polokwane is van die moord op Thoriso Themane (28) aangekla.

Themane se grusame moord wat op video vasgevang en op sosiale media rondgestuur is, stuur skokgolwe deur die land.

Thoriso Themane (28) van Polokwane wat Saterdag deur ’n bende tieners aangeval is.Foto: Facebook

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die vyf tieners is gr. 9- en gr. 10-leerlinge.

Hulle is tussen 15 en 16 jaar oud en sal Donderdag op aanklag van moord in die landdroshof in Polokwane verskyn.

Lt.genl. Khehla Sitole, nasionale polisiehoof, het Themane se moord veroordeel en gesê bendegeweld sal nie geduld word nie.

Een van die tieners is ’n leerling aan die Capricorn High School in Polokwane. Hy spog op die video dat niks met hom sal gebeur nie, want sy pa was in die polisie.

Naidoo sê die seun se pa is ’n afgetrede adjudant-offisier.

Themane is Saterdagaand oorval toe hy op pad na sy ouerhuis in Florapark was. Hy was glo by ’n oefening van ’n musiekgroep van sy kerk. Hy is in ’n parkie op die hoek van Rheebok- en Impala-straat, Florapark, oorval.

In die video, wat te grusaam is om te wys, kan gesien word hoe Themane herhaaldelik in sy reeds bebloede gesig geskop word.

Die gegil en geskree van jong mense kan gehoor word terwyl hulle hom aan sy arms en bene optel en sleep.

Hy is eers Sondagoggend op die hoek van Erasmus-straat en Cestrum-laan, naby sy ouerhuis, deur ’n verbyganger gekry.

Hy is na ’n hospitaal gehaas waar hy by sy aankoms dood verklaar is.

Meer oor:  Capricorn High School  |  Thoriso Themane  |  Polokwane  |  Moord  |  Tieners  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.