Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Aanval op Tafelberg: ‘Daar was oral bloed’

’n Groep bergklimmers is die naweek weer in die Kaapse Skiereiland aangeval en met messe gesteek.

Die aanval was Saterdag omstreeks 09:20 op die Silwermyn-staproete in Kalkbaai toe nege stappers met messe aangeval is.

Johan Marais van Wildernis-soek-en-redding (WSAR) sê dit lyk of die groep van nege mense op die Silwermyn-roete gestap het toe hulle twee mans, wat ook soos bergklimmers gelyk het, teëgekom het.

“Die twee mans het by die groep aangesluit en sowat 30 minute saam gestap. Toe het hulle skielik die oorspronklike groep met messe aangeval.”

Hy sê dit lyk asof die groep hulself probeer verdedig het en van die mans weggekom het. Dit lyk ook asof dié groep toe in twee verdeel het. Die een groep het na die St. James Peak-roete gevlug en die ander groep het op die Silwermynroete gebly.

Een ou het bloed gehad wat van sy gesig afstroom en nog ’n meisie het in haar eie bloed gelê met ’n steekwond in haar nek.

“Vyf mense, van wie twee vroue is, is met ’n helikopter na ’n hospitaal gebring.”

Hul beserings wissel van gering tot ernstig. “Een van die vyf stappers het baie ernstig seergekry,” sê Marais.

’n Soektog is deur die polisie en veldwagters van Sanparke begin om die aanvallers op te spoor.

Imelda van den Berg het op Facebook geskryf dat sy en ’n groep vriende afgekom het op die nege stappers by Silwermyn en “daar was oral bloed. Een ou het bloed gehad wat van sy gesig afstroom en nog ’n meisie het in haar eie bloed gelê met ’n steekwond in haar nek.”

Sers. Noloyiso Rwexana, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het nog nie op navrae gereageer nie.

* Marais sê ’n ander persoon wie se enkel beseer is, is ook Saterdag van die Kasteelpoort-roete gehelp.

Meer oor:  Tafelberg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.