Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Betoging kom ná kerkhoë glo met vrou lol
Piwokazi Mntwelizwe

Lede van die EFF wil Sondag ’n protesaksie buite die Methodist City Mission Church in Pretoria uitvoer nadat bewerings van seksuele teistering teen ’n kerkleier aan die lig gekom het.

Dit volg nadat drie vroue verlede Sondag by ’n diens in die kerk opgestaan en plakkate opgehou het in protes teen seksuele aanranding.

Beeldmateriaal wat op sosiale media die rondte doen, wys hoe Piwokazi Mntwelizwe (20), haar suster en ’n vriend voor in die kerk staan en plakkate ophou in protes teen ’n kerkleier wat haar na bewering seksueel geteister het.

Die EFF in wyk 80 in Tshwane doen ’n beroep op die gemeenskap om Sondag aan ’n vreedsame betoging buite die kerk deel te neem.

Tumelo Phatladira (EFF), wyk 80 se sekretaris, sê die betoging word in solidariteit met die slagoffers van seksuele mishandeling deur ’n senior kerklid gehou.

“Die EFF veroordeel enige vorm van mishandeling teen vroue en kinders. Ons weier ook om geweld of intimidasie in ons gemeenskap te aanvaar,” sê Phatladira.

Mntwelizwe sê sy het die teistering verlede jaar aan die kerk se ouderlinge gerapporteer, maar niks het gebeur nie.

Sy beweer die man het in drie afsonderlike voorvalle onvanpaste seksuele opmerkings en voorstelle aan haar gemaak.

Die kerk het sedertdien gesê hulle kyk na die saak.

Meer oor:  Seksuele Teistering  |  Betoging  |  Eff  |  Kerk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.