Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Bewaarder se moord ondersoek, sê minister
Adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste. Foto: GCIS

Die veiligheid van tronkbewaarders is van die grootste belang vir adv. Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste.

Masutha het Saterdag in ’n verklaring die moord op ’n vroue-tronkbewaarder by die Goedemoed-gevangenis in Aliwal-Noord in die Oos-Kaap veroordeel.

“Ons innige simpatie gaan aan die familie van die bewaarder wat vermoor is terwyl sy aan diens was. Haar familie en kollegas is in ons gedagtes en gebede in dié moeilike tyd,” sê Masutha.

Ons innige simpatie gaan aan die familie van die bewaarder wat vermoor is terwyl sy aan diens was. Haar familie en kollegas is in ons gedagtes en gebede in dié moeilike tyd,

’n 35-jarige vrouebewaarder en haar 33-jarige kollega is Vrydag net ná 15:00 deur ’n gevangene as gyselaars in ’n kantoor in die gevangenis aangehou.

Die 35-jarige is met ’n skerp voorwerp doodgesteek. Die ander vrou is erg getraumatiseer.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê die lykskouing sal bepaal of die vrou moontlik verkrag is voordat sy vermoor is. ’n Mediese ondersoek sal bepaal of die ander bewaarder moontlik ook verkrag is.

Makhele kon nie sê vir watter misdryf die gevangene tronkstraf uitdien of wat sy vonnis is nie. Hy sal egter nou van moord en ontvoering aangekla word.

Hy word in afsondering in die Goedemoed-gevangenis aangehou en sal volgende week in die plaaslike landdroshof verskyn.

Masutha sê die gyselaarsdrama het nie gebeur weens te veel gevangenes wat in die Goedemoed-gevangenis aangehou word nie.

Die Goedemoed-gevangenis is 97,41% vol. Dit is nie oorvol nie.

“Die Goedemoed-gevangenis is 97,41% vol. Dit is nie oorvol nie.”

Hy het ’n beroep gedoen op mense om te wag dat die ondersoek voltooi word voordat verwyte rondgeslinger word oor wat die moontlike oorsake vir Vrydag se voorval was.

Masutha sê die veiligheid van amptenare van die departement van korrektiewe dienste is baie belangrik. “Ek wag vir ’n volledige verslag oor die riglyne wat gevolg moet word wanneer daar interaksie tussen gevangenes en bewaarders by die Goedemoed-gevangenis is. Ons kan nie bekostig om ’n soortgelyke voorval te hê nie.”

Hy sê die haakplek in die stelsel wat die twee vrouebewaarders in die gyselaarsituasie laat beland het, moet gevind word en uitgeskakel word.

Arthur Fraser. Foto: Jaco Marais

Arthur Fraser, die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, is sedert Vrydagaand saam met senior bestuurslede by Goedemoed-gevangenis besig met ’n ondersoek.

Traumaberading is gereël vir die kollegas van die bewaarder wat vermoor is.

Dennis Bloem van Cope het Saterdag gesê Masutha moet verantwoordelik gehou word vir die dood van die bewaarder. Volgens hom is daar ’n ernstige personeeltekort in die departement van korrektiewe dienste en Masutha doen glo nie iets daaromtrent nie.

Bloem het gevra dat pres. Cyril Ramaphosa ’n ondersoek na die voorval moet doen.

Meer oor:  Arthur Fraser
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.