Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Buitelander helder oordag op straat geskiet

’n Buitelandse burger is Dinsdag helder oordag in Port Elizabeth geskiet.

Volgens inligting is die man omstreeks 11:45 op die hoek van Goven Mbeki-rylaan en Elizabethstraat geskiet.

Na beweer word het ’n onbekende man op die slagoffer afgestap en hom geskiet. Die skieter het toe in ’n bakkie geklim en gevlug.

’n Familielid het die slagoffer na ’n hospitaal gehaas.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig. Geen nadere besonderhede is tans egter beskikbaar nie.

Die gewonde man het onderweg na die hospitaal nog gelewe.

Hoewel sy land van herkoms nog nie bevestig kon word nie, is daar bespiegelings dat hy van Nigerië afkomstig is.

Omstanders op die toneel waar ’n buitelander Dinsdagoggend in Port Elizabeth geskiet is. Foto: Verskaf

Meer oor:  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.