Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Dwelms van R2,5 m. op bus gekry

Die polisie in Bloemfontein het Maandagaand op dwelms met ’n straatwaarde van sowat R2,5 miljoen op ’n passasiersbus beslag gelê.

Die dwelms is in vyf groot tasse op ’n Intercape-bus gevind wat tussen Pretoria en Plettenbergbaai gery het.

Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê met die bus se aankoms omstreeks 22:30 by die Toerisme-sentrum in Willows, Bloemfontein, het die bemanningslede van die bus onraad vermoed toe hulle op vyf groot swart tasse, wat nie gemerk was nie, afgekom het.

Hulle het die Parkweg-polisiekantoor in kennis gestel en met die polisie se aankoms op die toneel is Mandrax-tablette in die tasse gevind.

“Die dwelms was in deurskynende sakke verpak, weeg 177,23 kg en het ’n beraamde straatwaarde van R2,46 miljoen.”

Volgens Covane is ’n ondersoek begin om die oorsprong van die dwelms en waarheen dit op pad was, te bepaal.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.