Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kapers ry met seuntjie weg, vroue ondervra

Die polisie het twee vroue vir ondervraging ingeneem in verband met ’n motorkaping waarin die kapers met ’n driejarige seuntjie weggejaag het.

Die voertuig, met die kind daarin, is Dinsdag omstreeks 09:45 verlate op ’n grondpad in die omgewing van Grasmere naby Johannesburg gevind.

’n Driejarige seuntjie is Dinsdagoggend in die omgewing van Grasmere, Johannesburg, gekry in ’n voertuig wat vermoedelik in die vroeë oggendure gekaap is. Foto: Verskaf

Paramedici het die seuntjie op die toneel ondersoek. Hy is ongedeerd en is aan sy pa terugbesorg.

Die voertuig waarin hy was, is die oggend omstreeks 01:00 by Weilers Farm gekaap en naby die Thulamntwana- informele nedersetting opgespoor, nie ver van waar dit gekaap is nie.

Daar word beweer die 37-jarige motorbestuurder het met sy vriendin en sy seuntjie in die voertuig langs die pad stilgehou toe twee gewapende mans uit die bosse te voorskyn gekom het.

“Hulle het vuurwapens op die man gerig en die voertuig gevat,” sê kol. Lungelo Dlamini.

Die man en sy vriendin is nie beseer nie.

Die twee vroue word ondervra omdat hulle moontlik met die kapers saamgewerk het, sê Dlamini.

Sodra hulle aangekla word, sal hulle in die landdroshof in Vereeniging verskyn en hulle kan moontlik teregstaan as medepligtiges in die kaping.

Die twee vermeende kapers is nog op vrye voet.

Die polisie se ondersoek duur voort.

Meer oor:  Johannesburg  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.