Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Lyke in uitgebrande motor laat polisie kopkrap

Die motief en die identiteite van die slagoffers is nog onbekend nadat drie onbekende mense se verkoolde lyke Donderdag in die vroeë oggendure in ’n uitgebrande Volkswagen Polo Vivo met ’n Oos-Kaapse registrasienommer in Mitchells Plain in Kaapstad gekry is.

Lt.kol. Andrè Traut sê die polisie het omstreeks 02:00 op die gru-toneel langs die Ou Weltevredenpad afgekom.

“Daar word vermoed dat die slagoffers elders vermoor is en na die verlate stuk pad geneem is waar die voertuig aan die brand gesteek is,” het Traut gesê.

Volgens die polisie is die geslag van die drie slagoffers steeds onbekend.

“Die motief vir die moorde is nog onbekend en niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie,” het Traut gesê.

Intussen is ’n man omstreeks 06:30 op die hoek van Agnes- en Edmundstraat in Valhalla Park doodgeskiet en ’n ander gewond.

Volgens Traut het die aanvallers in ’n silwer Mini Cooper van die toneel gevlug, wat later verlate langs Robert Sobukwe-rylaan gekry is.

“ ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voertuig vroeër vandeesmaand in Tableview gekaap is. Die verdagtes wat deur die polisie gesoek word, het volgens inligting te voet in Kreefgat, Bonteheuwel, gevlug.”

Traut sê die omstandighede word steeds ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.