Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man deur mond geskiet, vrou met kookwater gegooi

’n Man (38) is Dinsdagaand deur sy mond geskiet en sy 36-jarige vriendin met kookwater gegooi in ’n aanval by hul huis in Kleinskool,  Port Elizabeth.

Hul 23-jarige vriendin wat by hulle gekuier het, is met ’n DVD-speler geslaan.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het die voorval tussen 22:00 en 23:00 gebeur.

Na verneem word, was die man in die kombuis besig om koffie te maak toe hy stemme buite hul huis hoor.

Hy het ondersoek ingestel en vier onbekende mans voor die huis se veiligheidshek aangetref. Een van die vier mans het blykbaar die 38-jarige man met ’n vuurwapen gedreig en toegang tot die huis geëis.

“Toe hy weier, het die mans ’n ruit gebreek en so toegang tot die huis verkry,” sê Naidu.

Die vermeende aanvallers het die man en die twee vroue aangerand.

Dit was gedurende die aanranding dat die man geskiet is, die vrou met kookwater gegooi en hul gas met die DVD-speler oor die kop geslaan is.

Volgens Naidu het die vermeende rowers vier selfone, die DVD-speler en ’n klankstelsel gesteel.

Die man en 36-jarige vrou is in die hospitaal opgeneem.

’n Soektog na die vier mans was teen Woensdagmiddag nog onsuksesvol.

Enigeen met inligting wat die polisie in hul ondersoek kan help, kan speur-kapt. Chris Rowan by 082 442 1457 bel.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Aanval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.