Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Medestudent vas wat vrou glo wreed vermoor
Naledi Arcelia Lethoba (21) Foto: Verskaf

’n Student van Welkom verskyn Donderdag in die dorp se landdroshof vir die beweerde moord op ’n medestudent, wie se lyk vroeër vandeesmaand gevind is.

Die 19-jarige kollegestudent se ouers het hom Dinsdag aan die polisie oorhandig.

Naledi Arcelia Lethoba (21), wat oorspronklik van Bothaville was, se lyk is op 19 Mei in ’n veld in Dagbreek, Welkom, gekry. Die polisie is om 08:42 gekontak oor ’n lyk van ’n vrou wat op die hoek van Buren- en Arraratstraat lê.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê ’n mes het in haar nek vasgesit, haar borste is afgesny en sy het brandwonde aan haar onderlyf en gesig gehad.

Lethoba, wat ’n student aan die Goldfields TVET-kollege in Welkom was, se ouers het haar lyk vyf dae later uitgeken.

Die jong man, wat ook ’n student aan dieselfde kollege is, is deur speur-sers. Tsie Matlokotsi in hegtenis geneem en van die moord aangekla nadat sy ouers hom by die Welkom-polisiekantoor oorhandig het.

Die polisie kon Dinsdag nie bevestig of die twee in ’n verhouding was nie, maar sê hulle het mekaar moontlik geken.

Meer oor:  Bothaville  |  Welkom  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.