Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Metropolisie keer 2 in dwelmklopjag aan
Die dwelms en gesteelde goedere waarop daar beslag gelê is.

Die Metro-polisie in Kaapstad het in ’n klopjag by ’n perseel in Wynberg twee verdagtes vasgetrek vir die besit van dwelms en gesteelde goedere.

Ruth Solomons, woordvoerder van die metropolisie, sê die verdagtes van 20 en 48 jaar oud is Saterdagoggend aangekeer en word by die Wynberg-polisiekantoor aangehou.

“Tydens die soektog het oplettende metropolisiebeamptes dwelms in een van die toe slaapkamers ontdek. Die dwelms was in ’n houer versteek,” sê Solomons.

Sy sê die span het op 20 g tik, 307 pakkies tik, vyf eenhede crack-kokaïen, asook 58 heel en tien halwe Mandrax-tablette beslag gelê.

“Die beamptes het ook nege selfone, ’n Acer-skootrekenaar en Dell-hardeskyf, wat vermoedelik gesteel is, by die woning gekry, sowel as ’n bankenkoderingsmasjien.”

Meer oor:  Dwelmhandel  |  Klopjag  |  Dwelms  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.