Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Nog ’n verdagte vas ná moord op 4-jarige

Nog ’n verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op en verkragting van ’n vierjarige meisie, Iyapha Yamile.

Iyapha Yamile. Foto: Argief

Iyapha se lyk is op 1 Mei in Town Two in Khayelitsha gevind. Sy is op 30 April, ’n Sondag, as vermis aangemeld. Sy is verkrag en vermoor en haar lyk is in ’n plastieksak gevind.

Thabo Titus en Thabiso Mtshanguta is kort ná die voorval in hegtenis geneem, maar die aanklagte is in Junie in die landdroshof in Khayelitsha teen hulle laat vaar.

Dit het die gemeenskap baie ontstel.

Lt.kol Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig ’n 29-jarige man is Woensdag in hegtenis geneem weens die moord en verkragting.

Die verdagte, Odwa Nkololo, het Vrydag in die landdroshof verskyn en die saak is tot volgende Woensdag uitgestel. Hy bly in aanhouding.

Meer oor:  Khayelitsha  |  Verdagte  |  Verkragting  |  Inhegtenisname  |  Moord  |  Verband
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.