Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Pak misdaad deur betrokke te wees, sê aktivis
Yusuf Abramjee was ’n gasspreker by die Nelson Mandela Bay Leadership Summit. Foto: Lulama Zenzile

Suid-Afrikaners moet aktiewe en betrokke burgers word as hulle misdaad wil bekamp, sê die teenmisdaad-aktivis Yusuf Abramjee.

Abramjee, wat Woensdag ’n spreker op die Nelson Mandelabaai-leierskapberaad in die Boardwalk-hotel se konferensiesentrum was, sê almal word op die een of ander manier deur misdaad geraak.

Mense leef dus in vrees en die regering doen nie genoeg om misdaad te bekamp nie.

Hy sê mense kla en braak gal op Twitter hieroor, maar die regering gaan nie hul probleme oplos bloot omdat hulle daaroor twiet nie.

Sosialemediaplatforms soos Twitter, Facebook en Instagram is volgens hom nuttige hulpmiddele, maar sal nie misdaad die nekslag toedien nie.

Hy het verwys na die nasionale ontwikkelingsplan wat melding maak van aktiewe burgers.

Vreedsame optogte wat deur geweld oorskadu word, moet tot ’n einde kom.

“Dit beteken nié mense wat tydens optogte buitebande brand, klippe gooi en winkels plunder nie. Vreedsame optogte wat deur geweld oorskadu word, moet tot ’n einde kom. Ons is siek en sat vir geweld.”

Hy het die Shout-beweging, wat ná die moord op Lucky Dube deur die sangers Danny K en Kabelo Mabalane gestig is, gebruik as voorbeeld van burgers wat iets doen om ’n verskil te maak.

Hy het ook verwys na die onlangse vlaag van geweld in die noordelike voorstede van Port Elizabeth en ’n video wat die ronde doen waarop gewapende inwoners die 16 Honde-bende in Helenvale uitdaag.

“Dit is ’n voorbeeld van vuur met vuur beveg. Die grootste bydraende faktor tot die bende-oorlog is die stryd om ’n gebied te beheer. Só word dwelmhandel bevorder.

“Die gemeenskap moet hulself mobiliseer in ’n georganiseerde manier, andersins gaan hulle niks uitrig nie.”

Abramjee sê mense moet druk op die politici uitoefen sodat die regering sy mandaat nakom om Suid-Afrikaners veilig te hou.

Meer oor:  Yusuf Abramjee  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.