Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie in Gauteng neem 1 300 in hegtenis

Die polisie in Gauteng het oor die naweek meer as 1 300 mense in hegtenis geneem in verband met verskeie misdade wat strek van verkragting tot motorkapings.

Meer as 300 verdagtes is in Pretoria en die Wes-Rand in verband met onder meer poging tot moord, ongelisensieerde vuurwapens, dwelmhandel, dronkbestuur en huisbraak in hegtenis geneem.

Intelligensiegedrewe operasies in Johannesburg en Soweto het tot 420 inhegtenisnemings vir onder meer verkragting, aanranding, die besit van gesteelde goedere of dwelms asook ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie opgelewer.

’n Verdere 410 verdagtes is in Ekurhuleni en Sedibeng vasgetrek vir die beweerde besit van gesteelde eiendom en motors, kindermishandeling, motorkapings, ontvoering, bedrog, poging tot moord, dronkbestuur en ander misdrywe.

Een van die groot deurbrake was die vastrek van twee vermeende kapers.

Een van die groot deurbrake was die vastrek van twee vermeende kapers nadat ’n Opel Vivaro Sondagoggend in Klerksdorp, Noordwes, gekaap is. Die bestuurder is glo gedurende die kaping deur die kapers doodgeskiet.

Lede van die Sedibeng-blitspatrollie het inligting van die gekaapte motor ontvang en dit in Bophelong, Vanderbijlpark, opgespoor. Die polisie het ook op ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie beslag gelê.

In Lyttelton, Centurion, is twee verdagtes vasgetrek net voor hulle kon toeslaan. ’n Verdagte Toyota Etios Cross met twee insittendes is deur ’n patrollievoertuig opgemerk.

Die polisie het op allerhande motorsteurtoestelle en toestelle om veiligheidstelsels omver te werp, beslag gelê.

’n Reeks klopjagte is ook op verkooppunte van alkohol en tweedehandse handelaarskappe uitgevoer en talle is tydens padblokkades in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal Maandag in verskeie landdroshowe verskyn.

Meer oor:  Gauteng  |  Inhegtenisnames  |  Polisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.