Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisie kry 39 gesteelde skape
Die gesteelde skape wat die polisie gevind het.

Die polisie in Dutywa in die Oos-Kaap, het op 39 gesteelde skape ter waarde van R58 000 afgekom.

Kapt. Jackson Manatha, polisiewoordvoerder, sê die polisie het Vrydag inligting ontvang dat daar gesteelde skape in die ou Idutywa is.

Volgens Manatha het dit voorgekom asof iemand die skape weggesteek het en van plan was om dit iewers anders heen te vervoer toe die polisie daarop afkom.

“Die eienaar van die skape was by die gemeenskapsaal besig om die diefstal aan te meld toe hy ingelig is dat die polisie reeds sy skape gevind het. Hy het sy dankbaarheid teenoor die polisie uitgespreek vir hul flink optrede en was baie bly hy kon sy skape terugkry.”

Meer oor:  Skape  |  Veediefstal  |  Veediewe  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.