Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Polisiemanne en omstander in KZN doodgeskiet

Twee polisiemanne en ’n omstander is Vrydag in twee verskillende skietvoorvalle doodgeskiet.

In die eerste voorval is ao. Elias Nhlala Hadebe omstreeks 14:00 doodgeskiet terwyl hy in sy private voertuig op die N2-snelweg, naby Amanzimtoti, suid van Durban, was.

Kol. Brenda Muridili, Gauteng se polisiewoordvoerder, sê Hadebe was verbonde aan die KwaMakhutha-polisiekantoor.

“Mense in ’n wit Audi A3 het losgebrand op Hadebe se voertuig,” sê Muridili.

Hadebe se lyk is later met verskeie skietwonde in die middel van die pad gekry, nie ver van sy verlate bakkie nie. Die bakkie was vol koeëlgate, sê Muridili.

In ’n afsonderlike skietery is ’n polisiekonstabel, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, doodgeskiet by Kranskop, noordoos van Greytown.

Hy het ’n ander konstabel gaan help wat gereageer het op ’n klag dat ’n verdagte voertuig by ’n plaaslike winkel opgemerk is.

Mense in dié voertuig het verskeie kere op die konstabel geskiet tot hy by die winkel aankom.

Die konstabel wat van diens was, het die skietery gehoor en sy kollega gaan help.

In die oor-en-weer-skietery is twee verdagtes gewond, en hulle het weggejaag.

Die konstabel wat van diens af was is noodlottig gewond. Sy naam word op versoek van die polisie weerhou om sy kollega te beskerm.

“Ongelukkig is drie omstanders ook getref deur dwaalkoeëls,” sê Muridili.

’n Jong man is op die toneel dood terwyl nog ’n man en vrou gewond is en na ’n hospitaal gebring moes word.

Kort ná die voorval het die polisie die verdagte voertuig opgespoor. Albei insittendes was dood en is waarskynlik die mense wat deur die twee konstabels geskiet is.

Sy sê ’n forensiese ondersoek sal bepaal of dit wel die geval is.

Meer oor:  Kwazulu-Natal  |  Polisiebeamptes  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.