Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers brand los op polisie in Johannesburg

Twee polisielede is in 'n stabiele toestand in die hospitaal nadat rowers op hulle in Langlaagte, Johannesburg geskiet het.

Die polisielede het Donderdagmiddag ’n motor wat glo in ’n rooftog gebruik is, agternagesit. Die insittendes het op die hoek van Main Reef- en Vogtstraat op die polisie losgebrand.

In die oor-en-weer-skietery is een van die polisielede in die skouer gewond. Die tweede lid het kopbeserings opgedoen wat veroorsaak is toe die motorruit se glas aan skerwe geskiet is.

Kol. Brenda Muridili sê ’n derde polisielid wat ook op die toneel was, is nie beseer nie.

Die rowers het weggekom, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, het die polisie 72 uur gegee om die skuldiges vas te trek.

’n Polisielid klim uit sy voertuig met bloed wat teen sy arms afloop nadat ’n skietery Donderdagmiddag tussen die polisie en rowers in Johannesburg uitgebreek het.

Meer oor:  Langlaagte  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.