Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Rowers in Montana aangekeer ná wag alarm maak

Sewe verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem kort nadat die Pep Stores in die Wingtip Crossing-winkelsentrum in Montana, Pretoria, beroof is.

Ao. Johan van Dyk, polisiewoordvoerder, sê ’n veiligheidswag het agterdogtig geraak toe hy omstreeks 12:30 sien hoe ’n groep mans goedere in ’n voertuig laai.

“Hy het onmiddellik die polisie en ander wagte daarvan ingelig,” sê Van Dyk.

Die rowers, wat selfone gesteel het, het in hul voertuig gevlug. Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), veiligheidswagte en lede van die publiek het saam met die polisie gewerk in ’n poging om die rowers aan te keer.

Die rowers het skote in die rigting van die polisie geskiet toe hulle besef hulle word agternagesit, sê Van Dyk.

“ ’n Lid van die GPF het traangas in die pad gegooi en die verdagtes se voertuig tot stilstand gebring. Hulle het in ’n taxi gespring wat in die rigting van die (Netcare) Montana-hospitaal gery het.

“Van die rowers het uit die taxi gespring en in die hospitaal probeer wegkruip, maar die polisie het hulle met behulp van gemeenskaplede opgespoor.”

Veiligheidswagte in die omgewing het op die rowers geskiet en twee is gewond.

Sewe verdagtes is in hegtenis geneem van wie een intussen vrygelaat is omdat hy nie met die voorval verbind kon word nie.

“Hy was net ’n taxipassasier,” sê Van Dyk.

Die gesteelde goedere is in die voertuig gekry.

Meer oor:  Pretoria  |  Montana  |  Winkelsentrum  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.