Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sewe in Lenasia aangekeer oor dwelms

’n Wenk van ’n gemeenskapslid in Lenasia, Johannesburg het die week tot die inhegtenisneming van sewe beweerde dwelmsmouse gelei.

Daar is ook op dosyne pakkies van die dwelms khat, tik (crystal meth) en dagga met ’n geraamde straatwaarde van R16 000 beslag gelê.

Lede van die Suid-Afrikaanse polisiedienste (SAPD) en die Johannesburgse metropolisie-departement (JMPD) se honde-eenheid het Dinsdag op die area toegeslaan en die verdagtes in verskeie gebiede in hegtenis geneem.

Die sewe verdagtes is by die taxistaanplek in Lenasia, asook in Komati-, Carmane- en Calf-strate in Lenasia vir die besit van dwelms en beweerde dwelmsmousery in hegtenis geneem.

Raadslid Michael Sun, Johannesburgse burgemeesterskomiteelid vir openbare veiligheid, het die betrokke lede gelukgewens met die suksesvolle operasie en gesê die Johannesburgse metro is besig om sterk teen dwelmhandel en ander misdade op te tree.

“Elke inhegtenisneming deur ons lede beteken daar is een minder dwelmsmous op Johannesburg se strate.”

Hy het sy waardering uitgespreek vir die samewerking en hulp van gemeenskapslede wat die polisie help om op sulke “onsmaaklike karakters” toe te slaan.

Sun het bygevoeg dat sekere gemeenskaplede in Lenasia egter die dwelmsmouse na bewering oor die operasie gewaarsku het.

Sun meen daar sou veel meer inhegtenisnemings gewees het as dit nie die geval was nie.

“Johannesburg bly verbind tot die stryd teen misdaad en dwelms wat ons gemeenskappe teister en ons sal al die moontlike doen om te verseker dat misdadigers slapelose nagte het en die gemeenskap beveilig word,” het Sun gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.