Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Shoprite los saak teen ‘kougom-dief’ ná herrie

Die familie van ’n 52-jarige vrou van Limpopo wil Shoprite hof toe sleep omdat die winkelgroep haar “as ’n misdadiger gebrandmerk het” nadat sy glo vergeet het om vir ’n pakkie kougom te betaal.

Die herrie het verlede week begin toe Lucy Moagi in die Shoprite in Tzaneen in hegtenis geneem is omdat sy glo die kougom gesteel het. Sy is in polisieselle aangehou voordat sy op borgtog vrygelaat is.

Haar niggie, Liz Letsoalo, het op Twitter teen Shoprite uitgevaar oor sy hantering van die saak.

Sy het geskryf haar tannie het sowat R665 in die Shoprite bestee. By die kasregister het Moagi haar selfoon in die hand gehad terwyl sy ’n pakkie kougom opgetel het. Sy het toe die kougom saam met die selfoon in haar handsak gesit sodat sy haar beursie kon uithaal om vir haar kruideniersware te betaal.

Toe veiligheidswagte haar voorkeer, het sy aangebied om vir die kougom te betaal, maar die polisie is in kennis gestel waarna haar tannie in hegtenis geneem en na die naaste polisiekantoor geneem is.

Sy sou Maandag in die hof verskyn het weens die voorval en Letsoalo het mense op Twitter versoek om haar tannie by die hof te gaan ondersteun.

Shoprite het aanvanklik in ’n verklaring op Twitter gesê hy is bewus van die voorval en glo sulke gevalle moet met sorg en respek gehanteer word. Hy ondersoek die voorval en sal stappe doen indien die situasie verkeerd gehanteer is.

Die winkelgroep het inderdaad later ’n verskoning getwiet oor die optrede van die veiligheidswag en gesê die saak is met die klant bespreek.

Letsoalo het intussen aan Netwerk24 gesê Shoprite het die saak teen haar tannie teruggetrek, maar hulle wil Shoprite dagvaar.

Sy meen mense staan ’n groter kans om die Lotto te wen as om ’n antwoord uit Shoprite te kry.

Netwerk24 het Shoprite vir kommentaar genader. Sodra dit ontvang word, sal dit bygewerk word.

Meer oor:  Tzaneen  |  Twitter  |  Diefstal  |  Hof  |  Shoprite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.